top of page

P.V.S.A. VEILINGSKOMITEE – VEILING VOORWAARDES:


1. ‘n Maksimum van twee pare in die geval van lovebirds en koketiele per lot, andersings twee voëls per lot. Volgens klub se diskressie
2. Afslaerskommissie sal deur verkoper betaal word deur Vereniging/Klub bepaal.
3. Die Vereniging/Klub aanvaar geen verantwoordelikheid teenoor die voëls voor, tydens of na veiling nie.
4. Die Vereniging/Klub moet sorg vir die nodige sekuriteit van die voëls vanaf die oomblik dat die voëls gehok is en tot en met wanneer die Koper die voëls in ontvangs neem.
5. Slegs voëls wat vooraf ingeskryf is, mag op die veiling aangebied word.
6. Geen voëls sal na die sluitingsdatum aanvaar word nie.
7. Die Vereniging/Klub moet sorg dat die inligting soos deur die verkoper voorsien, korrek op die katalogus verskyn.
8. Slegs geringde voëls sal aanvaar word. Dit beteken gering met ‘n geslote ring, korrekte grootte en met ‘n jaartal daarop. Die jaartal moet in katalogus aangedui word.
9. Beperking op ouderdom van voëls, bv maksimum twee jaar vir kleiner parakiete soos Bourke’s, Turquoisines, Kakerikies, ens, drie jaar vir Rosellas, Ringnekke, Asiaties, Conures, ens, vyf jaar vir kleiner Papegaaie soos Pionusse, Afrika Papegaaie, Amazone, Eclectus, Kaketoes, ens. en agt jaar vir groter papegaaie soos Kaketoes, Macaws, ens.
10. Alle voëls word voetstoots verkoop, onderhewig aan bepalings van punt 17.
11. Geen voëls sal as broeipare op katalogus aangedui word nie, maar wel volgengs ouderdom.
12. By die toeslaan van die bod, verskuif die verantwoordelikheid van die verkoper na die koper. Eiendomsreg van koper begin met betaling van die lot.
13. Die verkoper of sy verteenwoordiger mag tydens keuring en hok van voëls teenwoordig wees.
14. Met die hok van voëls, moet die veilingsbeampte toesien dat:
14.1 Die voëls wat chirurgies geseks is wel sigbaar getatoeer is.
14.2 Die jaartal op ringe ooreenstem met inskrywing.
14.3 Die ring die korrekte grote vir betrokke spesie is.
14.4 Indien voëls DNA geseks is, die inligting op die sertifikaat en ring ooreenstem en die sertifikaat aan koper beskikbaar is.
15. Kos (saad of nektar) en water moet voor en tydens Veiling aan voëls verskaf word.
16. Voëls moet geen defekte van die volgende aard hê nie:
16.1 Voëls moet kan vlieg- geen gebreekte of geknipte vlerke nie.
16.2 Hul bekke moet reg wees.
16.3 Vere moet heel en in ‘n goeie kondisie wees.
16.4 Moet met beide oë kan sien.
16.5 Moet normaal kan loop en klouter.
16.6 Geen toon defekte (nie meer as een toonnael per poot af wees nie).
16.7 Die voëls moet self kan eet.
17. Bek en Veersiekte: Indien deur ‘n koper verlang, sal daar op die veiling ‘n bloedmonster geneem word om ‘n PCR toets vir Bek en Veersiekte te doen. Hierdie is vir die koper se koste. Slegs monsters op die veiling deur die klub/veearts geneem, sal aanvaar word. Indien monster positief toets sal die koop gekanseleer word.
18. Alle voëls moet van reserwe prys voorsien word op inskrywingsvorm. Voëls wat reserwe prys haal, sal verkoop word.
19. Alle voëls sal deur ‘n keurder of paneel goedgekeur word . Die keurder se beslissing is finaal. Voëls wat nie aanvaar word nie, moet onmiddelik verwyder word. In hierdie geval sal inskrywingsfooi verbeur word.
20. Alle permit voëls moet vergesel wees van ‘n afskrif van ‘n geldige permit.
21. Enige persoon wat die Veilingsterrein betree, doen dit op eie risiko en vrywaar die Vereniging/Klub van alle aanspreeklikheid vir enige besering en/of enige persoonlike verlies of skade aan sy of haar eindom.

bottom of page